Gesonde Seks

Anoniem vra:

Ek het asb hulp en raad nodig op n baie sensetiewe saak in ons huis. Ek en my verloofde (is veronderstel om te) trou oor n paar weke. Hy het hierdie naweek self aan my erken dat hy verslaaf is aan pornografie en seks en ook afsprake met slette by gastehuise reël.

Dit gebeur blykbaar baie minder en hy kon ook blykbaar nie deurdruk om die laaste afspraak na te kom nie. Hy het in trane uitgebars en nooit daar opgedaag nie. Die skuldgevoel vreet hom nou op en hyt my nou al hierdie goed kom vertel, want hy sê hy kort hulp en het gevra dat ek hom moet help.

Ek wil nie. Ek wil weghardloop!! Ons het paar maande gelede saam huis gekoop en ons het 2 beautiful babatjies saam. Hy huil vreeslik, sê hy wil ons nie verloor nie, wil nie ons huwelik op so noot begin nie en hy doen hierdie goed al langer as wat hy my even ken.

Ek voel so verneder! Ek voel so seergemaak, kwaad en teleurgesteld!! Is hier enige iemand wat al deur so iets kon werk? Waar begin mens? Hoe het julle as vrou dit hanteer? Wat is die moets en moenies in sulke opsigte? Hoe help ek hom? Moet ek hom even help? Hy weet nie waar om hulp te kry nie. Ek weet ook nie! Enige goeie, positiewe woorde en raad sal waardeer word. Ek weet nie watter kant toe nie!

Gesonde Seks Antwoord:

Liewe anoniem:

Mans wat uit hulle eie uitkom met hulle geraamtes in die kas, sonder dat hulle uitgevang word is altyd ‘n goeie teken. Jou man het ‘n goeie hart. Hy kan introspeksie doen. Hy het berou. Hy wys hy kan homself verneder voor jou en homself kwesbaar maak.

Daar is baie potensiaal in hierdie man.

Ek dink julle kan verseker veg vir hierdie huwelik. Want al is julle nie getroud op papier nie, julle deel reeds ‘n lewe saam as getroudes. Julle het kinders saam. Julle het skuld saam.

Maar jou man gaan nie op sy eie so maklik die verslawing breek nie. Hy (soos enige verslaafde) benodig professionele help.

As julle in Pretoria area woon is hy welkom om my te kom sien. Dit is wat ek elke dag doen – help mense met hulle seks verslawings. (Bespreek vir berading)

Anoniem, ek weet hierdie is ‘n groot skok. Jy mag kwaad wees. Jy mag bedriegt voel.

Maar jou man se Verslawing is nie ‘n teken van sy liefde vir jou of sy karakter nie.

Enige verslawing is ‘n teken van ‘n onverwerkte trauma waarvan hy wil weghardloop.

Self dissipline om net weg te bly mag dalk die roetine breek, maar totdat hy nie emosionele genesing kry vir daardie wortel trauma nie, gaan daar altyd weer ‘n versoeking wees om ontvlugting te soek.

Anoniem, Daar is hoop hier.

Sterkte

Shopping cart

0

No products in the cart.