Gesonde Seks

Eerste vraag: Wanneer het jy dit verloor?

  1. Ek het nog nooit ‘n libido gehad nie. (Libido beteken lus vir seks)
  2. Na die huwelik.
  3. Nadat jy jou kinders gehad het.
  4. Nogal lank getroud.
  5. Jy het net skielik jou gesonde libido verloor.

Hier volg die moontlikke redes vir verlies van libido en vinnige voorstelle van wat om te doen.

1. Ek het nog nooit ‘n libido gehad nie.

Dan het jy moontlik ‘n biologiese lae testosteroon vlak (hoofhormoon wat seksdrang gee) en normaalweg nie ‘n hoë seksdrang nie. Jou aptyt kan aangewakker word deur libido boosters en genotvolle seks.

          Gemoslesteer of verkrag vroer in jou lewe.

Jy gaan nie seks kan geniet as jy deur seks seer gemaak was nie. Gaan eers vir berading en stap die pad van geneesing met hulp. Bertrek jou man/vrou deur hom/haar te vertel wat gebeur het en saam stadig uit die pyn te kom.  Dis ‘n lang pad maar dit kan herstel word sodat jy seks saam jou man/vrou geniet.

          Verkeerde Denkpatroon

Dis moontlik dat jou opleiding, blootstelling en leering van seks so negatief was, dat jy besluit het dat seks nie vir jou is nie. Jy glo dalk dis nie reg nie of ten minste bloot ‘n plig is wat ‘n vrou vir haar man moet doen. In so geval gaan al die libido boosters in die wêreld jou nie help nie! Mens se brein en gedagtes is baie kragtig, sodat jy in jou onderbewussyn iets glo oor seks wat nou ‘n uitwerking het op jou emosies en dade. Bestudeer die woord, lees goeie boeke oor seks en woon sulke werkswinkels by waar jy jouself oop maak vir nuwe sieninge en oortuigings aangaande seks. Maak ‘n besluit: uit met die ou, in met die nuwe.

          Jou seksualiteit is nog nie aan geskakel nie.

Moontlik was jy geleer dat masturbasie sonde is, (veral vir vrouens), so jy het seks en alles wat saam met dit gaan, verwerp.  Of jy was baie konserwatief en beskermend groot gemaak, nooit gepraat of gesels oor seks nie, en nou lê hierdie aspek van jou wese dormant binne jou. Weet dat dit iets is wat God gemaak het, dis veilig en gesond, en gee jou liggaam toestemming om die ekstase van seks te ondek en geniet!

“God het seks gemaak en gese dit is goed” is ‘n kursus wat ek geskryf het juis vir vrouens wat wonder hoe seks ‘n deel van ‘n Goddelike vrou se lewe kan wees. Ook vir diegene wie seer gemaak is deur seks en  dit nou verwerp het. Skryf in op ons Mentorskap program om hierdie Kursus te koop.

2.  Libido gedaal nadat jy getrou het

          Skuldgevoelens

Moontlik het jy of jou man of albei begin skuldig voel, besig geraak of net nie tyd gemaak vir seks nie. Niks het verander nie! Beplan iets spesiaals en maak seks weer opwindend vir julle en jul sal gou jul mojo terug kry!

          Voorspel is uit die venster

Seks het seks geword, nie meer intieme liefde maak nie. Jou man doen nie meer moeite met jou nie. Sonder voorspel gaan jy sukkel om lus te voel vir seks. As julle dit net oor en verby kry, of hy klim op en weer af jou, gaan jy glad nie lus voel nie! Jy gaan begin opsien na seks en dit verby wens! Nee! ‘n Vrou het gereelde orgasmes (nie noodwendig elke keer nie, maar ten minste gereeld) nodig om lus te voel vir seks.

          Voorbehoeding

Voorbehoeding is ‘n groot sondebok as dit kom by libido verlies.  Ek weet van vrouens wat baie anderste voel toe hulle die Pil los om te begin probeer swanger raak. Verander jou voorbehoeding metode of probeer ‘n ander pil, maar probeer dit!

Of die vrees dat jy swanger kan raak.

3. Nadat jy jou kinders gehad het

          Hormone

Testosteroon is die hormoon wat ons seksdrang beinvloed. Dit is in mans sowel as vrouens te vinde. Indien man of vrou lae seksdrang het, kan hy/sy dokter toe gaan, hormone laat toets en testosteroon aanvulling kry indien nodig. Vrouens kan die in room vorm aanwend en hoef nie te bekommer dat hulle hare gaan groei of ‘n diep stem kry nie! Die hormoon word in baie klein mates weer terug gesit in jou lyf om die te kort aan te vul.

Ander ding wat vrouens moet onthou is dat wanneer ‘n mamma borsvoed, word oksitosin afgeskei wat die band tussen ma en baba versterk. Hierdie is God se manier om ‘n gesonde band te laat vorm. Daar is dikwels soveel van hierdie hormoon, dat die band tussen man en vrou daaronder lei. Die vrou kry al die fisies aanraking en liefkosing wat sy begeer van borsvoeding en die sorg van haar baba. Haar begeerte vir haar man daal. Wat is die oplossing? Man en vrou moet kreatiewe maniere vind om die band tussen hulle weer te versterk.

         Jy is moeg!

Jou lyf is deur ‘n hengse ‘ordeal’ en het tyd nodig om weer te herstel. Dan, is jy snags wakker om kind te voed en het moontlik ander kinders wat jou energie tap bedags. So, moenie van jouself verwag om 10uur die aand reg te wees vir maraton seks sessie nie!

  • Neem goeie vitamiene
  • Laat toets jou yster vlakke. Lae yster maak jou nog moeer! Neem dan aanvulling.
  • Eet gesond en gereeld! Weet mammas is te besig om vir hulself te voer maar onthou dis noodsaaklik!
  • Inisieer seks tye wanneer jy krag het: vroeg oggend, oor die naweek en in die stort.

          Jy voel kwaad vir jou man

Dikwels besef vrouens nie dat hulle onderliggende woede het teenoor hulle mans nie.  Dalk voel jy hy help nie genoeg in die huis nie, maar jy bly stil daaroor. Miskien sal jy graag meer liefde en aanraking by hom kry maar jy kommunikeer nie dit aan hom nie. Jy dink dalk dis vanselfsprekend of dit behoort duidelik te wees, maar dit is nie. So hou op kwaad wees en gesels met jou man oor jou behoeftes. Moenie sê wat hy moet doen nie, sê eerder wat jy nodig het. Hoe jy dit stel gaan grootliks die sukses van daardie gesprek bepaal.

4.  Nogal lank getroud

           Jou selfbeeld is skoonveld.

‘n Vrou se lus vir seks is grootliks beinvloed deur hoe goed sy oor haarself voel. As jy onaantreklik en minderwaardig voel, gaan jy nie lus voel vir seks nie.

Begin die proses om jouself te aanvaar. Lees die Bybel en leer hoe kyk God na jou. (Hy laaik jou kwaai by the way!) Doen wat nodig is om mooier te voel. Gaan vir Boudoir Foto Shoot waar jy sexy lyk, mooi pose en ge-photoshop word sodat jy en jou man met nuwe oë na jou kyk!

          Jy voel ongelukkig

As jy depressief voel, hartseer of net ongelukkig met jou lewe gaan libido boosters jou nie help nie. Jy het nodig om jou lewe te kick-start! Anti-depressante kan jou help om uit die gat te klim. Maar meeste anti-depressante neem libido ook weg so besluit wat eerste prioriteit is: seks of lewenslus, en dan gaan sien ‘n dokter en ‘n berader. Dalk is geluk en genot met jou man die sleutel tot nuwe plesier en vreugde in jou lewe!

          Jy is verveeld met jul sekslewe

Dalk gebeur dieselfde ding elke keer en jy sien nie meer kans nie. Al wat dan nodig is, is ‘n oop en eerlikke gesprek met manlief oor wat jy graag meer sal wil probeer in die slaapkamer. Ons Mentorskap Kursusse, Die Hooglied Vrou, en Salamo se Liefdeswenke is vol unieke idees om die VaVa voom weer terug te sit.

5.  Net skielik verdwyn na gesonde libido

          Tragedie/Skok

Dit is baie normaal na ‘n verlies of skielike tragedie om jou libdio te verloor.  Gee jouself tyd, neem maar libido boosters en vind troos by jou man. Onthou, seks is ‘n gesonde manier om gevoelens te verwerk en troosting te vind in intimiteit met jou man.

          Depressie/ Geestelikke siekte

Depressie asook anti-depressante lei tot verlies van libido. 

Soos jul kan sien is daar so veel moontlikke redes vir die verlies van libido en baie min van hulle gaan regkom met libido boosters. Indien jy al die bogenoemde aan gewerk het, en nogsteeds sukkel kan jy na jou naaste apteek toe gaan en Libido Boosters pille probeer.

Shopping cart

0

No products in the cart.