Anoniem vra:
My man het ‘n affair gehad en ons het nou onlangs weer probeer. Ek het twee dae terug op sy foon gegaan en gesien hy chat weer saam die vrou met wie hy affair gehad het.
Sy response was…Hoekom krap ek op hom foon? Hy belowe daar is niks tussen hulle.
My vraag was: Hoekom sal hy dan weer met haar wil chat? Hy sê ek kan nie vir hom wil voor sê saam wie hy mag chat nie. Hy voel ek sien nou dinge wat nie bestaan nie.
Gesonde Seks antwoord:
Liewe Anoniem, jou man mag dalk glo daar is niks tussen hulle nie en dat die affair verby is maar die realiteit is, daar is reeds ‘n konneksie. Ongelukkig is hy naïef as hy dink hy gaan dit kan beheer of bestuur. Nie sy of haar eie wil gaan kan keer dat die konneksie weer opvlam nie. Want mens het nie kognitiewe beheer oor hoe jy connect nie.
So ja ongelukkig, as daar ‘n affair was, een van die belangrikste dinge is om ALLE kontak, boodskappe, fotos, ens permanent te verwyder. As mens nie doen nie, bly jy in die risiko gevaar area en jou herstel/herbou van jou verhouding gaan ongelooflik moeilik en dalk onmoontlik wees. Hier gaan hy die opoffering moet maak en die nagevolge van sy keuses moet face. Daar is geen maar geen kans vir ‘n normale vriendskap as sy eers die skelmpie was nie.
Die enigste manier om jou vertroue weer terug te wen, is om alle kontak te breek met haar en nugter oor sy eie swakheid te begin dink.
“Die Grap van die Huwelik” is die perfekte boek geskenk vir so ‘n man.