Gesonde Seks

Anoniem vra:

Help asb. My man van 65 kry nog ‘n ereksie, maar sukkel soms tot meer as ‘n uur om ‘n orgasme te kry. Ander kere kry hy glad nie ‘n orgasme nie. Ek kan nie byhou nie. Ons is nou 2 maande getroud, maar hy was jare lank alleen. Hy het in daai tyd altyd porn gekyk en homself bevredig. Ek weet nie meer wat om te doen dat hy vinniger ‘n orgasme bereik nie.

Gesonde Seks Antwoord:

Liewe anoniem,

Hierdie is eintlik ‘n baie algemene probleem.

Jy het die antwoord reeds in jou vraag geplaas. Hy was vir lank alleen en het porn gekyk. (En vir eens kan ons die woord porn in ‘n anoniem vraag hê en met sekerheid sê die porn is NIE die probleem nie.)

Jy noem hy kry ereksie saam met jou. En hy kan daardie ereksie hou vir ‘n uur lank sonder porn. Dis great. Jy doen dit vir hom en sy seksdier is nog goed gesond.

Porn is nie die probleem nie of die ding wat hy mis nie, want die probleem lê nie by die arousal nie.

Die probleem lê by die orgasme.

So wat gewoonlik gebeur is dat wanneer ons vir lank alleen masturbeer en in ‘n gewoonte val van hoe ons onsself tot orgasme bring kan dit ‘n probleem veroorsaak wanneer ons ‘n nuwe partner kry.

Ek het heelwat kliente oor die jare gehad wat in hulle enkel jare tydens masturbasie hulle eie penisse so styf en droog vat gryp en rof ruk en pluk dat wanneer hulle weer seks het in ‘n sagte warm vagina, dan voel die penis nie meer die nodige wrywing nie.

En dus hoekom dit so lank neem

So probeer die volgende.

  • Hou ‘n handdoek byderhand en vee gereeld die nattigheid weg.
  • Terwyl seks kan jy in so ‘n posisie wees waar terwyl hy binne jou is kan jy met jou hand sy penis ook vashou en hard druk.
  • Jy kan ook vir hom ‘n penis-ring (cockring) vanaf ons website koop, wat sy penis n bietjie weer dieselfde gevoel gaan gee van sy eie hand terwyl hy seks het met jou.

Sterkte en hopelik met hierdie advies kan julle dit onder ‘n uur hou.

Shopping cart

0

No products in the cart.