Gesonde Seks

Anoniem vra:

Hi ons is 15 jaar getroud. Ek het agter gekom my vrou kyk ander mans uit op funksies terwyl ek langs haar sit. Sy sal staar en dan bloos as hy terug kyk. Sy is middel 40s.

Is dit verkeerd van my om disrespek te voel? Is dit n teken van die die einde. Ek dra my vrou op die hande. Behandel haar soos n koniging. Ek glo ek is ook heel aantreklik, kry baie kyke en flirts van heelwat vroue af maar sal glad nie op dit reageer nie. Uit respek vir my Huwelik.

Raad asb is dit normaal of moet ek bekommerd wees.

Gesonde Seks Antwoord:

Liewe anoniem:

Hierdie is ‘n goeie vraag wat jy vra want dit breek ‘n bietjie die stereotipes wat ons ken.

Ek is seker jy soos meeste mans daar buite kyk en sien mooi vrouens by sosiale gebeurtenisse en solank jy net nie drool of met ‘n vrou se nommer huis toe gaan nie, is dit iets normaal en aanvaarbaar.

Maar omdat dit nou ‘n vrou is wat die kyk werk doen, voel dit eweskielik verkeerd.

Dit is nie!

Hierdie is nie die einde van die einde vir jou huwelik nie. Wel, dit hoef nie te wees nie. Dit is wel die einde van die stereotipiese rol wat jy jou vrou in sien.

Dit kan wees dat jou 40jarige vrou vir die eerste keer haar eie seksualiteit begin ontdek. Dit gebeur baie op hierdie ouderdom, waar haar kinders haar nie meer so nodig het nie, en sy kan haar eie identiteit begin buite moeder aan aandag gee.

En die feit dat sy so maklik bloos van ‘n kyk vertolk dat haar seksuele self nog jonk is. Sy is ‘n “tiener” wat haar eie emosies en gevoelens ontdek.

Nou jy mag dalk dink, maar sy is ‘n getroude vrou van 40. N ma van kinders. Hoe kan ek sê sy is nou eers besig om haar seksuele self te ontwikkel?

Wel, baie mans wat getroud is en 40 jaar volwasse is, se emosionele ontwikkel is maar ook nog onderontwikkel.

Die punt wat ek probeer maak is dat ons as mens is multi-fasestte en een deel van ons kan ons uit gefigure hê en die ander deel nog nie.

Hierdie is nie ‘n area van bekommer nie, maar jy kan dit ook nie ignoreer of probeer stop nie.

Gebruik hierdie om met haar te gesels sonder dat jy haar aanval of aantuig oor iets en jy mag dalk net die deur oopsluit tot julle volgende vlak van intimiteit

Shopping cart

0

No products in the cart.

X