Al ooit die sê-ding gehoor “It’s not the size that matter – but what you do with it”? Of jy nou ‘n volstruis, arend, pappagaai, tortelduif of budjie vir ‘n voël het, is daar altyd ‘n gesprek wat opduik oor die grootte van die voël. Hoe groot is nou eintlik groot en maak dit regtig ‘n verskil?
My vraag is: Vir wie maak dit nou die meeste saak? Vir hom of vir haar? En wat is nou eintlik die gemiddelde lengte en omtrek van ‘n penis.
In ‘n 2020-oorsig van navorsing oor penisgrootte is bevind dat die gemiddelde lengte van ‘n erekte penis tussen 12.95cm en 13.97cm is. Ouer 2014-navorsing het die gemiddelde lengte van ‘n slap penis op 9.17cm vasgepen. Volgens Wikipedia is daar vanaf 2015 omtrent 20 studies gedoen, met nagenoeg 15 521 mans en daar is bevind dat die gemiddelde meting was as volg:
Slap penislengte: 9,16 cm (3,6 duim) wanneer dit gestrek word
Slap penisomtrek: 9,31 cm (3,66 duim)
Regop penislengte: 13,12 cm (5,16 duim)
Regop penis omtrek: 11,66 cm (4,59 in)
Baie mans is bekommerd oor die grootte van hul penis, en dit kan hul selfvertroue in die slaapkamer en selfbeeld beïnvloed. Daar is so baie mans wat glo dat ‘n kleiner penis (‘n studie het getoon dat baie mans dink dat die average penis 16cm lank is) nie ‘n vrou seksueel genoeg gaan stimuleer om seks te geniet nie. Terwyl daar in dieselfde asem studies gedoen is wat gewys het dat die gemiddelde vagina 9,6cm in lengte is – wat beteken dat selfds die gemiddelde penis langer is as die vaginale kanaal.
Dit is duidelik dat die lengte van die gemiddelde penis dan nie ‘n probleem is nie. In een studie het 77% van vroue wat ‘n vraelys voltooi het, gesê penislengte is eintlik onbelangrik, en dit is in vergelyking met die 21% wat dit belangrik gevind het.
Wat is dan die bevinding? Maak grootte regtig so baie saak – die antwoord is Ja en Nee. Vir ‘n klein vaginale kanaal wat nie baie groot kan rek nie, gaan ‘n té lang penis met ‘n groot omtrek, seer maak en ook tot rekking en skeurtjies lei. Terwyl ‘n groter vaginale kanaal dalk nie veel gaan voel wanner ‘n korter penis met ‘n kleiner omtrek daar in beweeg nie. Dit hang dan op die ou einde van die dag van persoon tot persoon en persoonlike voorkeur af. Wat dalk werk vir een persoon, gaan dalk nie werk vir die volgende persoon nie. Dit is soos ‘n legkaart stukkie – soms vind mens die perfekte maat wat presies in jou stukkie legkaart pas, en soms moet mens maar die stukkie eers bietjie buig en afskuur voor dit mooi by die ander stukkie inpas.
Gelukkig is daar produkte op die mark wat jou kan help om die perfekte puzzle stukkie vir jou maat te wees.
Ereksie hulpers soos Buffelhoring is spesifiek ontwikkel om meer bloedtoevloei na die penis te voer en sodoende sterker, stywer en groter ereksies te veroorsaak. Die penis vertoon dan groter as normaal.
Penis Sleeves (penis jassies) is ‘n seksproduk wat mense hoofsaaklik gebruik om die omtrek en lengte van hul penis te vergroot. Dit is basies ‘n hol dildo wat bo-oor die penis getrek word en dan soos ‘n penis ring om die testikels getrek word wat dit dan aan die lyf vas hou. Baie sleeves het ‘n harder “kop” wat dan daardie ekstra lengte verleen. Meeste van die sleeves lyk ook soos die ware Jakob, wat dit makliker aanvaarbaar maak vir die man en vrou.
Penis pompe word meer gereeld gebruik vir erektiele disfunksies, maar kan ook help om die bloedtoevoer na die penis te verbeter en sodoende dieselfde effek te skep as wat die ereksie pille doen. Die langdurigheid van die gebruik van pompe is slegs 10-15 minute. Maar dit kan ‘n groot verskil maak in die plesier wat jy aan jou maat verskaf in daardie tydperk.
Om dan tot ‘n gevolgtrekking te kom: Ja, soms maak die grootte saak – maar nie in die gebruik van die penis nie. Vrouens is nie eintlik so baie gepla met die grootte van die penis nie, tensy die grootte haar seer maak. Die grootte van die penis het niks te doen met die plesier wat dit kan verskaf nie.